Loading Events
  • This event has passed.

Education Summit is dié onderwyskongres wat verskillend is, maar ’n groot verskil maak.  ’n Verskil in onderwysers en kinders se lewens.

Die Summit word elke jaar op Stellenbosch aangebied en bywoning van Education Summit word vir alle skole, onderwysers en onderwyskundiges in Suid-Afrika, aanbeveel.

Enige persoon wat met onderwys gemoeid is, sal baat deur hierdie konferensie by te woon. Ons soek afgevaardigdes wat hul denkwyses uitgedaag en verskuif wil hê.  Met ander woorde almal wat energie vir die volgende uitdaging soek!

Bywoning is nie beperk tot enige posvlak of posisie nie.  Die gekose onderwerpe is geskik vir onderwysers, beheerliggame en onderwysowerhede. Ons beveel egter aan dat afgevaardigdes Engels en Afrikaans moet kan verstaan, aangesien ons aanbieders hul aanbieding in die taal van hul keuse doen.

Boonop bied die Summit ’n ideale geleentheid vir spanbou en om uitskieteronderwysers te beloon.